Sien My — ‘n Damesoggend wat jy nie wil mis nie

Daar is oggende wat jy onthou. Sien My is een van hulle.

Op Saterdag, 9 Mei 2026, van 9:00 tot 14:00, verwelkom Kosmos Akademie jou by die pragtige Glen Cullen Private Country Estate vir ‘n damesoggend wat ontwerp is om jou te inspireer, te verdiep en te vier — net soos jy is.

Sien My is meer as ‘n uitstappie. Dit is ‘n uitnodiging om stil te staan, asem te haal, en jouself te herinner aan wie jy is en waarvoor jy leef.

Kom luister na Zetske van Pletzen oor selfbeeld, identiteit en jou waarde. Rocco de Villiers vermaak ons met klavierspel en Hannon Bothma deel skoonheidswenke. 

Kaartjies is beskikbaar teen R 400 per persoon — maar wees betyds, want die hoeveelheid is beperk.

Vir navrae en besprekings: Kontak Karina by 079 517 1106

Bespreek jou kaartjie op Quicket →