+27 60 411 2200

hoof@kosmosakademie.co.za

Kosmos Akademie – glen cullen landgoed, Middelburg, Mpumalanga

Kleingroeponderrig in Afrikaans.

Het jy geweet?

Kleuterskool oop vanaf 2 jaar en ouer.

Skool oop vir Graad 1 tot 3. Skryf vandag nog in!

*R2 999 / pm (Plus R2 000 eenmalige inskrywingsfooi)

Gewortel in karakter

Kosmos Akademie, die nuutste toevoeging tot Mpumalanga se onderwyslandskap, beloof om ‘n baken van Afrikaanse onderwys te wees.
Ons skool is gebou op die grondslag van akademiese uitnemendheid en die algehele ontwikkeling van elke leerder, gereed om die toekoms met selfvertroue aan te pak.

Ons waardestelsel

By Kosmos Akademie leef ons elke dag die kernwaardes van UITNEMENDE ONDERRIG; WAARDEGEDREWE OPVOEDING en PERSOONLIKE PRESTASIE met passie en oorgawe in alles wat ons doen uit.

Wêreldklas Onderrig

Kleingroep onderrig in enkelmedium Afrikaans.

Waardegedrewe Opvoeding

Ontwikkel kinders met karakter binne ‘n huislike milieu met Christelike waardes.

Persoonlike Prestasie

Holistiese fokus op elke kind se uniekheid en sterk punte.
Leer meer oor ons skoolwapen

“Skole moet nie net kinders voorberei om in die 21ste eeu te floreer nie, maar ook om as entrepreneurs en lewenslange leerders ʼn sukses van hulle lewe te maak.”

Mnr. At Oosthuizen (hoof, Kosmos Akademie)

vlnr: At Oosthuizen, Evah Monareng, Lelani Vermaak en Chané Goosen

Wat ons jou kind bied

Uitstekende akademiese standaard
Toekomsgerigte onderrig
Talentontwikkeling deur sport, kultuur en sosiale deelname
Leierskapsontwikkelingsprogramme
Kwaliteit fasiliteite
Onderwysers met ‘n roeping om na kinders om te sien, te leer en te ontwikkel
Die kweek van ‘n liefde vir leer by leerders
‘n Unieke leerervaring waar leerders teen hulle eie pas ontwikkel en groei
Die kweek van selfvertroue sodat leerders in alle lewensituasies kan floreer
‘n Veilige omgewing om onbeskaamd kind te wees

Skoolgelde

Graad RRRR tot Graad R
Skryf in vir 2024

Graad 1 tot Graad 3

Skryf in vir 2025
Graad RRRR – Graad 3
R2 999
/ pm
Plus R2 000 eenmalige inskrywingsfooi

Wat ons ouers sê

“As ouer wil jy die beste vir jou kind hê, en toe ek ‘n skool vir my dogtertjie gesoek het, was dit vir my belangrik om ‘n plek te vind waar sy haarself kan wees. Ek wou hê dat haar sterkpunte raak gesien moet word en dat sy nie net as ‘n nommer in ‘n klas verdwyn nie.

By Kosmos Akademie het sy presies dit gevind. Haar hart is gelukkig en sy floreer akademies, omdat sy haar plekkie gevind het. Sy is nou al vir meer as ‘n jaar deel van die Kosmos-familie en ek het nog nie een dag terug gekyk nie.

Natuurlik het ek aanvanklik my bekommernisse gehad, want Kosmos Akademie is anders en nuut, maar hulle vars en unieke benadering tot onderwys het my heeltermal oortuig. As ouer sien ek daagliks hoe hulle in my kind belê. Nie net akademies nie, maar ook op ‘n menslike vlak.

Ek is trots om deel van die Kosmos-gemeenskap te wees en om te sien hoe my dogtertjie groei en haarself uitleef in so ‘n ondersteunende en liefdevolle omgewing. Kosmos Akademie is regtig ‘n plek waar kinders blom.”

Christell Niemand

“Ek as ouer het ‘n groot verpligting teenoor my kind om vir haar die beste onderrig te kan gee. En wat beter as by Kosmos Akademie, wat vir haar onderrig kan gee in haar moedertaal, met Christelike waardes. Die klassies is klein, die kurrikulum wat hulle volg is baie, baie goed. Dis bekostigbaar. Dis in ‘n veilige omgewing. Die onderwysers is “great” en my kind is gelukkig. Om van Witbank na Middelburg te ry, elke dag, is vir my ‘n plesier.”

Ananda Smit
Vennote en Akkreditasies
Contact Form Demo (#3)

Gereelde Vrae

Ons fokus op individuele leerstyle, ‘n sterk gemeenskapsbetrokkenheid, en ‘n veilige, ondersteunende omgewing.

Alhoewel daar tans nog nie ‘n naskooldiens aangebied word nie, sal dit vir seker ‘n diens wees wat in die toekoms die aanbod by Kosmos Akademie versterk. Sodra leerdergetalle dit regverdig sal daar meer hieroor met ouers en voornemende ouers gekommunikeer word. Hou dus hierdie spasie dop!

Het jy nog enige vrae?

Stuur vir ons ‘n boodskap en ons antwoord so gou moontlik.
Kontak ons